SCIENCE SUCCESS
Ek het vir langer as 20 jaar in die Vrystaat Fisiese Wetenskappe as Departementshoof aangebied. Ek het ook as sub-eksaminator opgetree tydens die nasien van matriekantwoordstelle. Nadat ek weens swak gesondheid moes bedank, het ek nog vir 20 jaar klasse vir matrieks en kursusse vir onderwysers aangebied.
Al hierdie ondervinding help dat ek nou presies weet wat ‘n leerder moet weet om hierdie moeilike vak te slaag.
As die leerder deur hierdie 20 vraestelle gewerk het en al die antwoorde verstaan, SAL hy/sy die punte kry wat hy/sy verlang–'n onderskeiding ingesluit!
Hierdie sal die beste besluit wees wat jy ooit geneem het en die resultate sal vanself spreek!
Amanda du Plessis
Dit is presies wat ons wou gehad het. Ons het so lank gewag vir iemand om sulke boeke te skryf!
Celeste Seeger—Prinsipaal van Master Maths, Arcadia
Ek is 'n graad 12-leerder en beveel Science Success met die volste vertroue aan. Die wye reeks vrae help my om meer voorbereid te wees vir die eksamens omdat dit die soort vrae is wat in eksamenvraestelle voorkom.
NICOLAH MEINTJES—DOUGLAS
Ek het Science Success se voorbereidingsboeke eers in Graad 11 ontdek. In matriek het ek egter deur elke vraag in die Graad 12 boek gewerk. Te danke aan hierdie wonderlike boeke het ek 100% in my matriekeksamen vir Fisiese Wetenskappe gekry.
JANNEKE PIENAAR—JAN KEMPDORP
Baie dankie, ek het die graad 11-boek vandag ontvang! Ek's so bly! Ek is regtig opgewonde om dit te begin gebruik, want die graad 12-boek help ons baie!
JOLEEN VAN AARDT—HOËRSKOOL BREDASDORP
Ons het die vraestelboeke vir net ses maande gebruik, maar ons klasgemiddeld ná die matriekeksamen het met 5% gestyg!
Alet KÜhn—ONDERWYSER, HOËRSKOOL UPINGTON